Voorverhit die oond tot 230 °C. Hou ’n groot bakplaat byderhand.
1. Sop: Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol en braai die uie, knoffel en gemmer tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig.
2. Voeg die botterskorsieblokkies, hoenderaftreksel en tee by en bring tot kookpunt. Laat kook die sop 20 min. of tot die botterskorsie sag is. Roer af en toe.