- Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die salami tot bros en geurig. Voeg die rooi-ui, knoffel en brandrissies by en roerbraai 5 min. oor matige hitte.
- Roer die tamatiepasta by en roerbraai tot geurig.
- Voeg die tamaties en suiker by en kneus rofweg. Laat die bredie 10 min. oor lae hitte prut.
- Roer die boontjies by en geur met die suurlemoensap en sout en peper na smaak.
- Laat nog 5 min. liggies prut of tot die boontjies deurwarm is.
Vir voorsit
- Rond die bredie af met die vars basilieblare en sit voor saam met die ciabatta-skywe.