1. Meng die water, asyn, suiker of versoeter, sojasous, brandrissies en gemmer in ’n pan. Laat prut 3-5 min. oor matige hitte.
2.Voeg die hoenderstukke by, plaas ’n deksel op en laat kook 35 min. terwyl jy af en toe omdraai.
3. Haal die deksel af en laat kook nog 25 min. terwyl jy steeds af en toe omdraai tot die hoender deurgaar en met die sous bedek is. Rond die hoender af met die vars kruie en sit voor.