Sny minstens 20 stukkies kombuistou af, elk lank genoeg dat jy dit om ’n hoenderborsie kan draai en knoop.
1. Vat ’n vleishamer of wynbottel en tik die dik kant van elke hoenderfilet een keer liggies sodat dit van sy houding ontslae kan raak.
2. Span ’n baie skerp mes in (hoe skerper, hoe veiliger) en sny die borsies een-een oop. Benader dit van die kant af, en begin jou snit reg in die middel van die dikste deel – van daar af werk jy jouself dieper in. Pasop dat jy nie deur die hoeke of die rugkant van die vleis sny nie – jy wil ’n sakkie maak wat jy kan vul, en hoe groter die sakkie, hoe meer vulsel kan jy inkry! Kom ons wees nou eerlik, jy gaan hier en daar deur die vleis sny. Dis nie ’n krisis nie, en jy kan dit regmaak wanneer jy die tou om die hoender draai.