Deel

Heilsame hoender-en-groentesop

akkreditasie
Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander
Bereidingstyd: 15 min.
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 1 uur 30 min.
Bestanddele
  • 15 ml (1 e) - olie
  • 2 - selderystingels (met die blare), gekap
  • 1 - ui, gekap
  • 2 - knoffelhuisies, ­fyngedruk
  • 30 ml (2 e) - Thaise rooi­kerriepasta
  • 250 g - droë sopmengsel
  • 4 x 250 ml (4 k) - hoenderaftreksel
  • 3 - aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 4 - wortels, geskil en in blokkies gesny
  • 3 - hoenderborsfilette, in skyfies gesny
  • - ’n skeut suurlemoensap
  • - sout en peper
  • - AFRONDING
  • - ’n hand vol vars koljanderblare, gekap
  • 2 - rooi brandrissies, gekap
Metode
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die seldery, ui en knoffel tot geurig. Voeg die kerriepasta by en roerbraai ’n minuut.
  • Voeg die sopmengsel by en bedek met water. Laat die sop ongeveer 1 uur kook of tot die sopmengsel amper gaar is.
  • Voeg die aftreksel, aartappels en wortels by en laat nog 15 min. prut. Voeg die hoender by en laat 5 min. prut of tot die hoender wit en gaar is. Giet nog water of aftreksel by indien die vloeistof te vinnig wegkook. Die sopmengsel sal verseker die sop raak lekker dik.
  • Geur die sop met die suurlemoensap en sout en peper na smaak.
  • Afronding: Roer die koljanderblare en brand­rissies deur die sop en sit dadelik voor.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees