1. Sit die hoenderborsies in die vriessak. Slaan die hoenderborsies liggies met ’n rolstok of houthamer tot al die filette egalig plat is.
2. Plaas die jogurt, knoffel, sriracha, kruie en sout en peper in die sak. Verseël die sak en masseer dit om die marinade te meng en te versprei. Plaas die sak in die yskas en laat marineer minstens 30 min. of oornag.
3. Verhit ’n braai of riffelpan en voeg die olie in. Braai die hoender tot deurgaar en goudkleurig weerskante. Garneer met die vars kruie en sit voor saam met ’n slaai.