1. Geur die hoender met die sout en peper na smaak. Verhit die olie in ’n groot pan oor matig-hoë hitte. Plaas die hoender in die pan, velkant na onder, en braai 4-5 min.
2. Meng die knoffel, paprika, komyn, gemengde kruie en versoeter in ’n klein bakkie. Draai die hoender om en smeer die knoffel-en-speserymengsel oor die vel. Braai verder met die vleiskant na onder vir 7-8 min., en draai die hoender dan weer.
3. Voeg die suurlemoensap by om die speserye los te maak en verlaag die hitte na matig-laag. Kook 3-4 min. en draai die hoender weer.