Droogrooster die speserye 2-3 min. in ’n pan oor lae hitte tot aromaties. Maal dit in ’n vysel met ’n stamper fyn.
Hoender Sny 1-2 kepe in die vel van elke stuk hoender.
Meng die gemmer, knoffel, suurlemoensap, jogurt of karringmelk en die geroosterde speserye. Geur met die sout en peper en smeer die mengsel mildelik op die hoender. Laat marineer minstens 30 min.