Bespuit die mandjie of draadrak van ’n lugbraaier met kossproei.
1. Hoender: Sit die hoender in ’n marineerbak. Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die hoender. Rol die hoender in die marinade. Bedek die bak en laat 2 uur of oornag in die yskas marineer – draai die hoender halfpad tydens die marineertyd om.
2. Haal die hoender uit die marinade en skud enige oortollige marinade af – hou die marinade eenkant vir die sous.