1. Plaas die hoender met die borskant na onder op ’n snyplank, en verwyder die rugstring deur dit weerskante met ’n kombuisskêr los te knip.
2. Maak die hoender oop, draai dit om en druk dit met jou handpalms plat. Dié tegniek staan in Engels as “spatchcock” bekend, en so word die hoender oraloor aan die marinade blootgestel en word dit ook gouer gaar.
3. Plaas die hoender met die velkant na bo in ’n marineerbak.