1. Verhit die 1 k water in ’n kastrol tot kookpunt en kook die patat- en murgpampoentjiespirale 2 min. met die deksel op tot net sag. Verwyder van die hitte en dreineer enige oortollige water.
2. Meng die knoffel, gemmer, ui en suurlemoensap in ’n bak. Voeg die hoenderrepies by en draai dit om te bedek. Plaas 1-2 min. eenkant.
3. Verhit die olie in ’n kastrol oor matig-hoë hitte. Voeg die hoenderrepies by en roerbraai 2-3 min. of tot net deurgaar.