’n Resep wat die soet en sout geure vermeng waarvoor Suid-Afrikaners so lief is. ’n Klassieke braaihoender met ’n kinkel. Die gebraaide druiwe is heerlik en die vleissous hemels. Dit is ook lekker as dit die volgende dag koud voorgesit word.
1. Vryf die hoender binne en buite met die suurlemoen-en-swartpepergeursel. Los minstens ’n uur (verkieslik oornag) oop op ’n bord in die yskas om die vel uit te droog.
2. Verstel die oondrak na een gleuf onder die middelposisie en voorverhit die oond tot 180 °C.