1. Sous: Verhit die olyfolie in ’n groot braaipan.
2. Voeg die ui, vinkelsaad en brandrissievlokkies by. Roerbraai 5 min. of tot die ui begin verbruin – as dit lyk of die speserye begin brand, voeg ’n bietjie water by.
3. Voeg die res van die speserye by en roerbraai nog 5 min. of tot die mengsel lekker geurig is.