Hou ’n staander en ’n rooster byderhand.
1. Hoender Meng al die speserye goed en sprinkel oor die hoender. Vryf die knoffel en gemmer oor die hoender en sit in ’n marineerbak. Drup die olie oor en sprinkel die suurlemoensap oor. Vryf goed in die hoender in. Bedek die hoender en laat 1-2 uur of selfs oornag in die yskas marineer.
2. Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Plaas die hoender op die rooster en braai 30-45 min. oor matige kole of tot die hoender goudbruin en gaar is. Draai gereeld om te verseker dat dit eweredig braai. Haal die hoender van die rooster af en laat 10 min. rus.