1. Verhit die helfte van die olie en braai die uie in ’n diep kastrol. Voeg die knoffel by en roerbraai tot sag.
2. Skep uit in ’n voedselverwerker en voeg die tamaties by. Pols tot goed fyn en hou eenkant.
3. Hoender Geur die hoender met die sout en peper. Verhit die res van die olie in dieselfde kastrol as waarin die uie gebraai is, en braai die hoender tot goudbruin aan albei kante. Haal die hoender uit en hou eenkant.