Hou ’n prutpot byderhand.
1. Vleis Geur die lam met die sout en peper. Sprinkel die speserye oor en vryf dit goed in die vleis in. Plaas die vleis in ’n marineerbak en skep die jogurt oor. Meng goed en laat 2-4 uur in die yskas marineer.
2. Kerrie Meng al die bestanddele behalwe die aftreksel in die prutpot. Haal die vleis uit die jogurt, skraap enige oortollige jogurt af en pak die nektjops in die pot.