Groenkerriepasta
- Plaas al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap.
Kerrie
- Verhit die olie in ’n diep pan en braai die hoender tot goudbruin.
- Skep die hoender uit en hou eenkant.
- Plaas die stingeluie in die pan en roerbraai 1 min.
- Voeg die helfte van die groenkerriepasta by en roerbraai tot geurig. Verlaag die hitte.
- Giet die hoenderaftreksel en klapperroom by die groenkerriepasta in die pan en laat 5 min. liggies prut.
- Skep die hoender terug in die pan en voeg die res van die kerriepasta by.
- Laat nog 5 min. prut of tot die hoender gaar is.
- Geur die kerrie met die vissous en lemmetjiesap en voeg die groenbone by.
- Laat nog 5 min. prut of tot die groenbone heldergroen en gaar is. (Die bone moet nog effens bros wees.)
- Sit die groenkerrie voor saam met die ekstra brandrissies, indien verkies.