- Plaas die olie, ui en knoffel in ’n mikrogolfvaste bak en mikrogolf 2 min.
- Voeg die speserye by en mikrogolf 5 min.
- Giet ’n bietjie water by as dit lyk asof die speserye gaan brand.
- Voeg die klappermelk en tamatiepuree by.
- Verhit weer tot kookpunt en plaas die hoender in die sous.
- Geur goed met die sout en peper.
- Mikrogolf 20-25 min.
- Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai.
- Haal die hoender uit die sous en pak op die rooster.
- Braai 5 min. tot goudbruin.
- Plaas terug in die sous.
- Voeg die botterbone en koljander by en roer deur.
- Plaas die botter bo-op die kerrie en laat smelt, maar moet dit nie inmeng nie.
Vir voorsit
- Sit die tikka masala voor saam met die rys, poppadoms en ’n skeppie jogurt.