1. Vindaloo-pasta Verhit ’n pan en droogrooster die koljander- en komynsaadjies tot geurig. Skep uit, verlaag die hitte en giet die olie by. Braai die knoffel tot sag.
2. Plaas die geroosterde saadjies, knoffel en olie (waarin die knoffel gebraai is) in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
3. Voeg die res van die vindaloopastabestanddele by en pols tot fyn en baie goed gemeng.