Soortgelyk aan ’n choux-deeg is dit vir churro’s nie nodig om die deeg lank te laat staan nie. Die deeg word in ’n spuitsak geskep en dan in warm olie gespuit. Gebruik ’n sterspuit; dit sal verseker dat die kante van die koeksisters lekker bros braai.
Hou ’n spuitsak met ’n sterspuit byderhand.
1. Stroop Plaas al die bestanddele in ’n swaarboomkastrol. Verhit en roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Sit die deksel van die kastrol op en laat ’n minuut of twee oor lae hitte prut – die stoom wat in die kastrol opbou, sal verseker dat enige suikerkristalle in die pot oplos. Haal die deksel af en laat die stroop 10 min. oor lae hitte prut.