1. Verhit die botter, water en suiker in ’n kastrol oor matige hitte op die stoof tot die botter gesmelt het. Bring tot kookpunt en voeg die meel-en-soutmengsel by.
2. Roer met ’n houtlepel tot ’n gladde pasta vorm.
3. Verwyder van die hitte en skep die mengsel uit in ’n bak. Klop die eiers een-een by en hou die beslag eenkant tot nodig.