1. Brownies Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n 21 x 29 cm-bakpan en voer met bakpapier uit.
2. Plaas die botter, donkersjokolade en kitskoffiepoeier in ’n klein kastrol oor lae hitte en roer tot gesmelt. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
3. Klits die eiers en suiker saam tot lig en skuimerig, en voeg dan die afgekoelde sjokolademengsel by. Klits liggies tot gemeng.