Bollas is ’n Kaap-Maleise lekkerny, soortgelyk aan koeksisters en koesisters. Die deegbolle is sag en donsig, word geweek in ’n kardemomstroop en gerol in klapper.
1. Stroop Plaas al die bestanddele in ’n swaarboomkastrol. Verhit oor matige hitte en roer aanhoudend tot die suiker heeltemal opgelos is. Laat 10 min. stadig prut, haal van die hitte af en laat heeltemal afkoel. Skep die stroop in ’n bak en verkoel minstens 2-3 uur in die yskas.
2. Beslag Klits die eiers en suiker tot lig en donsig. Giet die olie en geursel by en klits tot goed gemeng. Klits die jogurt by.