
Sjokoladetoffies
- Lewer 30
- Bereiding: 5 min.
- Gaarmaak: 1 min.
Bestanddele
385 g kondensmelk
300 g donker sjokolade, gekap
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Metode
- Smeer ’n bakpan met botter en voer met bakpapier uit.
- Plaas die kondensmelk en sjokolade in ’n mikrogolfbestande bak en mikrogolf 1 min. op hoog. Haal uit en roer tot glad.
- Roer die vanieljegeursel in en giet in die voorbereide pan. Laat staan 2 uur of tot afgekoel.
Video: Jacques Stander
- Op soek na nuwe idees vir ontbyt, middag- en aandete? Bederf jou gesin met ‘Huisgenoot’ se heerlikste resepte. Teken nou in vir “Huisgenoot Wenresepte” . Jou weeklikse resepte, alles op een plek.
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!