Ons braai hierdie koeksisters nie in diep olie nie, maar as ’n laervet-opsie in ’n lugbraaier. Indien jy nie ’n lugbraaier het nie, kan die koeksisters ook in die oond teen dieselfde temperatuur gebak word.
Hou ’n lugbraaier byderhand. Bespuit die mandjie of draadrakkies van die lugbraaier goed met kossproei. Bespuit dan ’n groot skinkbord ook met kossproei.
1. Stroop Plaas al die bestanddele in ’n swaarboomkastrol. Verhit oor matige hitte en roer aanhoudend tot die suiker heeltemal opgelos is. Laat 10 min. stadig prut, haal van die hitte af en laat heeltemal afkoel. Skep die stroop in ’n bak en verkoel minstens 2-3 uur in die yskas.