Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
1. Poffertjies: Doop ’n koekiedrukker in ’n bietjie meel en druk 12 sirkels uit die skilferkorsdeeg. (Jy hoef nie die deeg eers uit te rol nie.)
2. Pak die deegsirkels op die bakplaat en bedek met die eier. Bak 20 min. of tot goudbruin.