Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n grootbakplaat met kossproei. Hou ’n spuitsak byderhand.
1. Vlamengsel: Verhit 180 ml (¾ k) van die melk in ’n klein kastrol tot net onder kookpunt.
2. Meng die vlapoeier, suiker, sout en vanieljegeursel by die res van die melk in en voeg by die verhitte melk. Roer aanhoudend oor lae hitte tot die mengsel begin verdik. Laat die mengsel ’n paar minute prut of tot die vla gaar is.