1. Verhit die melk tot skroeipunt (net voor dit begin kook).
2. Klits die eiergele, strooisuiker, meel en mielieblom saam in ’n groot bak. Giet die warm melk by die eiermengsel in terwyl jy aanhoudend klits. Plaas die mengsel terug in die kastrol en kook oor matige hitte terwyl jy aanhoudend roer tot dit verdik.
3. Roer die vanieljegeursel en kaneel in. Skep die mengsel in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat heeltemal afkoel.