Hierdie happies is ’n wenner! Die koeksisterbolletjies kan selfs in geseëlde sakkies verpak word en vir tot twee maande in die vrieskas gebêre word.
1. Stroop Plaas al die bestanddele in ’n swaarboomkastrol. Verhit oor matige hitte en roer aanhoudend tot die suiker heeltemal opgelos is. Laat 10 min. stadig prut, haal van die hitte af en laat heeltemal afkoel. Skep die stroop in ’n bak en verkoel minstens 2-3 uur in die yskas.
2. Deeg Plaas die meel, bakpoeier, kaneel en sout in ’n groot mengbak. Meng goed en vryf die botter met jou vingerpunte by die mengsel in. Meng die neute by.