1. Beslag In jou no. 10-platboompotjie, klits die eier en gebruik jou houtlepel en meng die botter, melk en vanieljegeursel met die eier.
2. Voeg die meel, kakao, sout, suiker en sjokoladestukke by die beslag van stap 1. Gebruik net die suiker en kakao wat vir die beslag bedoel is, nie die sous se suiker en kakao nie – dit kom eers by die volgende stap. Alles moet deeglik meng; vat dus ’n houtlepel en gee jou arm werk. As jy onfiks is, kul een van jou vriende of familielede om jou te help, of koop ’n staafmenger (dit het my lewe verander).
3. Sous Meng die suiker, kakao en kookwater tot die suiker opgelos het en die mengsel glad is. Giet die warm sous oor die beslag wat reeds in die pot is. Moenie roer nie; giet dit net oor.