Ons week hierdie tweekleurkoeksisters in ’n heerlike koffiestroop.
1. Stroop Plaas al die bestanddele in ’n swaarboomkastrol. Verhit oor matige hitte en roer aanhoudend tot die suiker heeltemal opgelos is. Laat 10 min. stadig prut, haal van die hitte af en laat heeltemal afkoel. Skep die stroop in ’n bak en verkoel minstens 2-3 uur in die yskas.
2. Deeg Meng die meel, bakpoeier en sout goed. Vryf die botter met jou vingerpunte by die deeg in. Verdeel die deeg in twee. (Skep die een helfte in ’n ander bak.) Meng die kakao deur die een helfte.