Soutkaramel-brownies

akkreditasie
Foto: Sam Linsell
Foto: Sam Linsell

  • Soutkaramel: Voer ’n bakplaat met liggies gebotterde bakpapier uit. Smelt die bruinsuiker in ’n middelslag-swaarboomkastrol oor matige hitte tot dit ’n donkergoue kleur word. Verwyder van die hitte en roer die botter, room en sout in. Laat weer prut sodat enige suiker wat dalk verhard het, kan smelt. 
  • Kook die borrelende karamel nog ’n paar minute tot dit ’n skakering donkerder is. Giet uit op die voorbereide bakplaat om te set en plaas in die vrieskas. 
  • Brownies: Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer ’n vierkantige 25 cm-­bakpan en voer met bak­papier uit.
  • Klits die botter en suiker saam met die eiers tot lig en donsig en voeg dan die vanieljegeursel by.
  • Sif die meel, sout en kakaopoeier saam. Voeg by die eiermengsel en roer goed tot net gemeng; moenie te veel klits nie. 
  • Giet in die voorbereide bakpan en versprei egalig. Breek die karamel in groot brokke en strooi oor die mengsel. Bak sowat 1 uur tot die brownies induik en ’n bietjie van die kante van die pan af wegtrek. Prik met ’n happiestokkie. As krummels aan die stokkie kleef, is die brownies gaar. Laat in die pan op ’n draadrak afkoel en sny dan in vierkante of driehoeke. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees