Voorverhit die oond tot 190° C.
Berei 8 dariole-vorms of ramekins voor deur dit met opwaartse hale teen die binnekante goed met gesmelte botter te verf. Verkoel tot ferm en verf dan met nog ’n laag botter.
Bedek die ramekins met strooisuiker en skud die oortollige suiker uit. Plaas die ramekins op ’n bakplaat en sit eenkant.