1. Macaroni: Verhit die botter in ’n diep kastrol. Voeg die knoffel, brandrissie, indien gebruik, en paprika by en roerbraai oor matige hitte tot geurig.
2. Roer die meel deur en giet die melk bietjies-bietjies by. Roer aanhoudend om te verhoed dat die sous klonte maak.
3. Giet die room of nog melk by en laat die sous 5 min. oor lae hitte prut. Roer aanhoudend. Voeg die kaas by en roer tot gesmelt en goed deurgemeng.