1. Sit die driebeenpot op die vuur en laat kook die pasta in soutwater tot 80% gaar. Die geheim is om dit nie heeltemal gaar te maak nie, want ons gaan dit later weer by die res van die gereg voeg om ’n tweede ronde te kook. Haal die pasta uit die pot en gooi die water af, maar hou ’n bietjie van die vloeistof in ’n koppie vir later.
2. Sit die potjie terug op die vuur en gooi die olie, botter en opgekapte ui by. Soteer die ui ’n paar minute tot hy ’n lekker kleur begin kry.
3. Voeg nou die knoffel, spek en sampioene by die pot. Of jy die sampioene gaan opsny of nie, sal afhang van die grootte van die sampioene, en hoeveel jy daarvan hou om werk vir jouself te maak. Roerbraai tot die spek en sampioene gaar is.