1. Pesto: Plaas die amandels, pecorino en knoffel in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyngemaal. Voeg die vars kruie en die helfte van die olyfolie by. Pols tot grofgekap.
2. Voeg die res van die olyfolie by en pols tot goed gemaal. Voeg die suurlemoensap en -skil by en pols tot glad. Geur met die sout na smaak. Skep die pesto in ’n skoon fles en bêre in die yskas vir tot ’n week.
3. Pasta Kook die pasta in gesoute water tot al dente. Dreineer, maar behou 125 ml (½ k) van die pastawater.