1. Kap die tamaties in happiegrootte- stukke en plaas in ’n bak.
2. Kap of skeur die brie in happiegroottestukke en plaas dit saam met die olyfolie, asyn en die helfte van die basilie in die bak. Laat minstens 4 uur maar verkieslik 8 uur eenkant marineer.
3. Wanneer jy reg is vir voorsit, maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en voeg dadelik by die tamaties en brie. Meng liggies deur. Die hitte van die pasta sal die kaas laat begin smelt. Geur met die sout en peper, strooi die oorblywende basilie oor en sit warm voor.