- Bedek die noedels met kookwater en laat staan 15 min. Dreineer goed en plaas in ’n groot mengbak.
- Voeg die kruie, olyfolie, groentee, vis- of sojasous, suurlemoensap en -skil, knoffel en gemmer by en meng goed.
- Verdeel die noedelmengsel tussen vier bakkies en rond af met die komkommer- en selderystokkies en avokadorepies.
- Jogurtdrupsous: Meng al die bestanddele goed en geur met die sout.
- Vir voorsit: Sit die noedelbakkies voor saam met die jogurtdrupsous, lemmetjiewiggies en ekstra kruie, indien verkies.