- Verhit die olie en botter in ’n diep pan en roerbraai die sampioene tot goudbruin. Skep die helfte uit en hou eenkant.
- Voeg die preie en knoffel by die oorblywende sampioene in die pan en roerbraai 10 min. of tot die preie sag is.
- Roer die gaargekookte mielierys, room, suurlemoenskil en neutmuskaat by en roer oor matige hitte tot deurwarm.
- Geur met die sout na smaak.
Vir voorsit
- Verdeel die mielierys tussen 4 bakkies en pak die oorblywende gebraaide sampioene bo-op.
- Sprinkel die basilie en pekanneute, indien gebruik, oor en sit voor saam met die suurlemoenwiggies.