1. Bring ’n groot kastrol gesoute water tot kookpunt en kook die pasta tot al dente. Dreineer, maar behou 250 ml (1 k) van die pastawater.
2. Verhit die olie in ’n diep pan en braai die knoffel tot goudbruin. Skep die knoffel uit en braai die basilieblare tot bros. Skep die basilie asook die helfte van die gegeurde olie uit en hou eenkant.
3. Smelt die botter in die oorblywende olie in die pan en braai die sampioene tot gaar.