- Plaas die olie, spek, ui en knoffel in ’n mikrogolfvaste bak en mikrogolf 3 min.
- Voeg die maalvleis by en mikrogolf nog 5-8 min. of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer die maalvleis goed sodat dit ’n los vleismengsel is.
- Voeg die tamaties, tamatiepuree, paprika, harissapasta, tiemie en rooiwyn by en meng. Mikrogolf 25-30 min. of tot ’n geurige sous vorm terwyl jy af en toe roer.
- Voeg die parmesaan by en geur goed met die sout en peper.
- Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en sit dit voor saam met die sous.