1. Verhit die olie in ’n braaipan. Braai die eiervrug 5-6 min. tot goudbruin. Skep uit op ’n oondbak wat met kombuispapier uitgevoer is.
2. Braai die ui en knoffel 2-3 min. in dieselfde pan tot die ui sag is. Voeg die maalvleis by en braai 5-6 min. tot bruin.
3. Roer die passata en aftreksel by. Plaas die eiervrug terug in die pan en laat prut 10 min. Bêre 625 ml (2½ k) van die vleismengsel vir môre se middagete.