- Verhit die olyfolie en botter in ’n diep pan en braai die spek tot bros. Voeg die ui, knoffel, roosmaryn en lourierblare by en roerbraai tot sag.
- Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar.
- Dreineer die hawermout. Spoel af, dreineer weer en skep in die pan. Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt.
- Roer goed en laat die hawer oor lae hitte prut tot sag. Giet nog ’n bietjie water by indien die hawer te vinnig droog kook. Voeg die room en kaas by en verwyder van die hitte. Laat 10 min. staan.
- Geur met die suurlemoensap, sout en peper.
Vir voorsit
- Skep die risotto in bakkies en sit voor saam met die vars kruie.