Die seekos en effense gerookte smaak van die spek werk heerlik saam in hierdie lekker eenvoudige sop. Dis heerlik saam met varsgebakte brood.
Ek het grootgeword met gebraaide toepensharders. Heerlik. Bevrore harders wat skoongemaak en waarvan die ingewande uitgehaal is, is nou ook in supermarkte beskikbaar.
As jy die gaar vissie oopvlek, kan jy die graat maklik verwyder, maar wees maar steeds op die uitkyk vir fyner graatjies.