- Verhit 250 ml (1 k) van die wyn of aftreksel in ’n diep kastrol en voeg die mossels by. Bring tot kookpunt, sit ’n deksel stewig op en stoom 8-10 min. of tot die mossels gaar, oop en die vleis helderoranje is. Dreineer en hou eenkant.
- Verhit die olie in dieselfde kastrol, voeg die stingeluie, brandrissies, knoffel, gemmer en masala by en roerbraai tot geurig. Giet die oorblywende wyn by, bring tot kookpunt, laat 10 min. prut en voeg die aftreksel by.
- Voeg die botter by en roer tot gesmelt. Geur met die suurlemoensap en sout en peper. Giet die sous oor die mossels.
- Vir voorsit: Sprinkel die stingeluie oor die mossels en sit voor saam met die suurlemoenwiggies en ciabatta.