1. Sny die calamari in dun ringe. Geur die meel met die sout en peper.
2. Verhit die olie in ’n middelslagkastrol of -wok. Bedek die calamari in die meelmengsel en skud die oortollige meelmengsel af. Diepbraai die calamari in sarsies tot liggies verbruin en sag. Dreineer op kombuispapier.
3. Bestrooi die calamari met die origanum en sit voor met ’n skeut suurlemoensap.