Garnaal-en-grondboontjiekerrie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Henk Hattingh
Foto: Henk Hattingh

1. Ontvries die garnale volgens die aanwysings op die verpakking. Verwyder die koppe, doppe en derms. Spoel die garnale af en druk droog op kombuispapier. 

2. Verhit die klappermelk in ’n groot pan oor matige hitte tot borrels begin verskyn. Voeg die grondboontjiebotter en kerriepasta by en roer om op te los. Voeg die kaneelstok by en laat 2-3 min. prut. Voeg die lemmetjie of suurlemoensap, vissous en sout en peper by en kook nog 2 min. tot die sous effens begin verdik. 

3. Voeg die garnale by en kook 3 min. tot die vleis deurskynend word. Proe en voeg nog sout en/of peper by na smaak. Sit voor saam met jasmynrys en roerbraaigroente (met lemmetjie of suurlemoenwiggies) as bykos. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees