Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bakplaat met foelie of bakpapier uit en bespuit met kossproei.
1. Plaas die snoek met die velkant na onder op die bereide bakplaat. Meng die lemmetjieskil, -sap, brandrissie, heuning en botter goed. Smeer die mengsel oor die vleiskant van die snoek.
2. Rooster die snoek 15-20 min. of tot gaar. Smeer enige bottermengsel wat van die snoek afdrup met ’n kwas weer oor die vleiskant.