Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondvaste bak met kossproei.
Meng die steurgarnale met die pastasous en vars kruie en skep dit in die oondvaste bak. Geur met sout en peper.
Strooi die gekrummelde feta oor en bak dan sonder deksel sowat 30 min. tot die steurgarnale deurgaar is.