1. Plaas die vis in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Geur met die sout en peper, strooi die oorblywende bestanddele oor en bedruip met die olie en sap na smaak. Bedek die bak en plaas vir 30 min. in die yskas om te marineer. Haal uit die yskas 10-15 min. voor jy dit gaarmaak om dit kamertemperatuur te laat bereik.
2. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak 5-8 min. tot die vis deurgaar is en maklik vlok.